Imran Khan se ondersteuners loop voor in Pakistan

Ondersteuners van die voormalige premier, Imran Khan, het Vrydag die voorsprong in Pakistan se verkiesingsuitslae van meer as 100 setels gekry. Geo News sê onafhanklikes, wat meestal getrouheid aan Khan verskuldig is, het 47 van 106 setels gewen. Altesaam 265 setels is in Donderdag se verkiesing betwis. Die Pakistan Peoples Party van Bilawal Bhutto Zardari, die seun van die vermoorde premier Benazir Bhutto, het ook 24 gekry terwyl die voormalige premier Nawaz Sharif se Pakistan Moslem League-Nawaz 18 gewen het. Khan is tans in die tronk en sy Pakistanse Tehreek-e-Insaf-party is uit die verkiesing verbied.