Inflasie in Angola op 27%, Namibiërs kan nie kla nie
Cirrus in die hoofstad het Maart se inflasie-syfers vir Angola bekend gemaak. Namibiese verbruikers betaal gemiddeld 4,5 persent duurder vir alles in die sogenaamde verbruikers mandjie terwyl Angolese burgers op die oomblik inflasie van 27 persent ervaar. Volgens Cirrus, is dit 2,23 persentasiepunte hoër vergeleke met dieselfde periode verlede jaar maar, die syfer het met 1,77 persent afgeneem teenoor dit wat in Februarie 2022 aangeteken is.