Iranse skoolmeisies toon simptome van vergiftiging
Nog minstens 100 meisies van 26 skole in Iran is in hospitale opgeneem met simptome van vergiftiging – na ‘n reeks beweerde gas-aanvalle. Meer as duisend leerlinge is sedert November behandel vir asemhalingsprobleme, naarheid, duiseligheid en moegheid. Daar word vermoed dat die vergiftigings ‘n doelbewuste poging is om meisieskole in Iran te dwing om te sluit. Owerhede in Iran het bevestig dat die voorvalle ondersoek word. Die beweerde gasaanvalle het op plekke tot hernude teen-regerigings-betogings gelei.