Israel sal homself in Den Haag teen SA-klag verdedig
Israel sal op 11 en 12 Januarie voor die Internasionale Wêreldhof in Den Haag verskyn om Suid-Afrika se beskuldiging van volksmoord oor die oorlog teen Hamas in Gaza teen te staan. Suid-Afrika het die hof Vrydag gevra vir ʼn dringende bevel wat verklaar Israel verbreek sy verpligtinge onder die Volksmoordkonvensie van 1948 in sy aanvalle op Hamas. Suid-Afrika ondersteun die Palestynse saak vir ʼn staat in Israel reeds dekades lank en die Palestyne se situasie met dié van die swart meerderheid onder apartheid vergelyk.