Jack White dreig ‘fasciste’ Trump-veldtog oor sy musiek

Die White Stripes-sanger Jack White noem Donald Trump se veldtog “fasciste” en dreig met ‘n hofsaak, nadat ‘n snit van die groep se treffer “Seven Nation Army” op ‘n pro-Trump sosiale media-plasing gebruik is. Trump se adjunkdirekteur van kommunikasie, Margo Martin, het ‘n 10-sekonde videogreep gedeel van Trump wat ‘n vliegtuig bestyg met die musiek as klankbaan. Die woedende White het op Instagram gesê ‘n regsgeding sal volg, “om by Trump se 5 000 ander te voeg”. Dit kom ‘n dag na Abba aangedring het daarop dat die Trump-veldtog ophou om hulle musiek te gebruik.