Janice Honeyman gaan mentor vir komponiste wees

Een van Suid-Afrika se bekendste regisseurs, die teater-ikoon Janice Honeyman, gaan die mentor wees van die wenners van die eerste Cabaret and Beyond-fees. Sy gaan hulle help om hul eie unieke stemme as komponiste te vind. Honeyman sê ‘n onafhanklike paneel beoordelaars het Leah Mari van KwaZulu-Natal en Ntlantla Swana van Gqeberha as beurswenners en vir mentorskap gekies om hul talent verder te ontwikkel. Sy sê die produksies sal in Maart vanjaar in die Nelson Mandelabaai-teaterkompleks te sien wees en later ook in Durban opgevoer word.