Japan kondig nuwe sanksies teen Rusland aan

Japan het nuwe sanksies teen Rusland aangekondig weens sy inval in Oekraïne, met sy militêre mag, asook konstruksie- en ingenieursektore as teiken. Die land sal bates van 78 groepe en 17 individue bevries, insluitend weermagoffisiere in Moskou, en uitvoere deur 80 Russiese ondernemings, soos militêr-verwante navorsingslaboratoriums, verbied. Die sluit ook ‘n verbod op die lewering van konstruksie- en ingenieursdienste. Die hoofsekretaris in die kabinet, Hirokazu Matsuno, sê aangesien die land die enigste was tydens ‘n oorlog onder atoombom-aanvalle deurgeloop het, kan Japan nie Rusland se dreigement van kernwapens en die gebruik daarvan duld nie.