Japan ontwerp masker wat gloei as jy Covid het
Japanese navorsers het ‘n gesigmasker ontwikkel wat Covid-19 onder UV-lig kan optel. Die Prefectural-universiteit het teenliggaampies van volstruise gebruik. Die voëls het baie goeie weerstand teen Covid en as die teenliggaampies op die oppervlak van die masker geplaas word en onder UV-lig is, skyn dit om die neus en die mond. In die studie, is die maskers vir agt ure gedra en toe is die filters verwyder. Daarna het hulle gegloei as die draer positief is vir Covid. Die span hoop om die proses verder te verfyn om uiteindelik ‘n masker te ontwikkel wat outomaties gloei as die draer daarvan Covid het.