Jill Biden inspireer Namibiese jeug

Die Amerikaanse Eerste Dame, dr. Jill Biden, het vandag op haar laaste dag van haar Namibiese besoek ‘n toespraak by die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie gelewer, wat jong leiers en die jeug van verskillende opvoedkundige instellings geïnspireer het. Biden het die belangrikheid van onderwys beklemtoon, en die rol wat jong leiers kan speel om Namibië en Afrika in die algemeen voorspoedig te maak. Sy het aan die jeug gesê hul stem kan vandag die toekoms van Namibië en van die wêreld help bou. Sy het ook die Amerikaanse ambassade-kompleks se konstruksie-projek in Klein Windhoek van 17 miljoen Amerikaanse dollar besoek. Die projek verskaf werk aan meer as 2 000 Namibiërs, waarvan 100 vroue is. Biden vertrek vandag na Kenia.