Joemat-Pettersson se dood is verlies vir SA

Die Suid-Afrikaanse parlement se voorsittende beamptes het hulle skok uitgespreek oor die skielike dood van die ANC-lid en oudminister Tina Joemat-Pettersson. Sy is op die ouderdom van 59 dood. Die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo, sê die Nasionale Vergadering se speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, en die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Amos Masondo, sê die ontydige dood van een van Suid-Afrika se ervare politici en wetgewers is ‘n groot verlies vir haar gesin, die ANC en die nasie: