Johannesburg se water-uitdagings is EFF-ANC-koalisie se skuld

ActionSA sê hy oorweeg verskeie maniere onder meer litigasie om die Stad Johannesburg te dwing om ononderbroke water aan sy inwoners te verskaf. Rand Water waarsku die waterstelsels kan in duie stort indien verbruikers nie hul watergebruik bestuur nie. Nobuhle Mthembu van ActionSA, sê die ANC-EFF-geleide regering verkies om watertenkwaens te voorsien in plaas daarvan om die infrastruktuur te herstel, en skep daarmee nóg ’n geleentheid vir tender-korrupsie: