Justisieminister vol vertroue oor Gupta, Bushiri-uitlewerings
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Thembisile Simelane, is vol vertroue die uitlewering van Atul en Rajesh Gupta uit die Verenigde Arabiese Emirate gaan voort. Die broers kan aangekla word van staatskaping, soos uiteengesit deur die Zondo-kommissie. Sy bevestig ook die NVG is steeds op die spoor van Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, op aanklagte van bedrog.