Kaapstad se werkloosheidsyfer die laagste
Stad Kaapstad se burgemeester Geordin-Hill Lewis sê die stad se pogings en inisiatiewe om soveel moontlik werkgeleenthede vir sy inwoners te skep, werp deurentyd vrugte af. Dit, nadat Statistieke SA se kwartaallikse arbeidsmag-opname vir die periode Oktober tot Desember 2022 getoon het dat die Moederstad se werkloosheidskoers steeds die laagste van al die ander stede in die land is. Volgens die opname het die Kaapstad se werkloosheidsyfer met 2,6 persent gekrimp van die 26,9 persent wat in die vierde kwartaal van 2021 aangeteken is. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in die Moederstad…