Kabinet sê oud-Eskomhoof moet korrupsie by polisie aanmeld

Die minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Mondli Gungubele, sê die kabinet sluit hom by President Cyril Ramaphosa aan in sy oproep aan Eskom se voormalige uitvoerende hoof, André de Ruyter, om bewerings van korrupsie by die kragvoorsiener by die polisie aan te meld. Hy sê die Suid-Afrikaanse misdaadbekampings-instellings staan gereed om diegene wat die wet oortree, aan te keer en te vervolg. Gungubele vra enigeen met inligting oor misdaad en korrupsie om dit by die betrokke wetstoepassingsowerhede aan te meld.