Katjavivi sê Brics-lidmaatskap sal voordelig wees

Die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi, sê lidmaatskap van Brics kan tot voordeel wees van Namibië. Katjavivi is tans in Johannesburg by die SAOG-parlementêre forum wat aan die gang is. Hy sê Namibië trek reeds voordeel van Brics-lidlande en dus sal lidmaatskap net verder die voordele uitbrei. Brics het onlangs sy beraad in Johannesburg gebou en redelik uitgebrei met meer as 40 lande wat aansoek gedoen het om aan te sluit by die blok. Op die oomblik dra lidlande ongeveer 25 persent van die wêreld se BBP en 40 persent van die wêreld se bevolking.