Kim se kerntoetse besoedel moontlik water
Tienduisende Noord-Koreane en mense in Suid-Korea, Japan en China kan blootgestel word aan radioaktiewe materiaal wat deur grondwater versprei word vanaf ‘n ondergrondse kerntoetsterrein in Noord-Korea. Dit is volgens ‘n Seoel-gebaseerde menseregtegroep, Transitional Justice Working Group. Noord-Korea het in die geheim ses kerntoetse uitgevoer oor die afgelope paar jare. Die studie toon dat radioaktiewe materiaal oor agt stede en provinsies naby die terrein versprei het, waar meer as 1 miljoen Noord-Koreane woon, en waar grondwater in die alledaagse lewens gebruik word. Naburige Suid-Korea, China en Japan kan ook in gevaar kan wees, deels weens landbou- en visseryprodukte wat uit die Noorde gesmokkel word.