Kliënt verras restaurantwerker met ten volle gemeubileerde huis

‘n Werker by ‘n deurry-restaurant in die Verenigde State het die grootste verrassing ooit gekry toe ‘n gereelde kliënt vir haar ‘n ten volle gemeubileerde huis gee. Ebony Johnson het Suzanne Burke drie jaar gelede by die werk in Ohio ontmoet en hulle het vinnig bevriend geraak en elke keer gesels as Burke soggens kom koffie koop. Burke het toe uitgevind die ma van drie het finansiële probleme en het verskeie organisasies genader vir skenkings. Dit was daarna vir haar moontlik om die nuwe tuiste aan ‘n baie dankbare Johnson te gee.