Kokaïen van R171 miljoen op Durban-hawe gekonfiskeer

Die Doeane-afdeling van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens en die Georganiseerde Misdaadeenheid van die polisie het vanoggend in die Durbanse hawe beslag gelê op kokaïen ter waarde van 171 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Beamptes het  ʼn klopjag op ʼn vragskip uitgevoer en daar is op die dwelms beslag gelê in een van die houers. Die suiwer kokaïen is na ʼn weeklange intelligensie-operasie gevind. Die woordvoerder van die polisie, Athlenda Mathe, sê die vaartuig het vanuit Suid-Amerika aangekom.