Konstruksie-federasie vra dat Afrika-bank plaaslike kontrakteurs insluit

Die Namibiese Construction Industries-federasie het ‘n beroep op die Afrika Ontwikkelingsbank gedoen om plaaslike kontrakteurs by die opgradering van die spoorlyn tussen Kranzberg en Tsumeb, in te sluit. Die federasie sê Namibiese kontrakteurs is in 2018 oor die hoof gesien met die opgradering van die spoorlyn tussen Walvisbaai en Karibib. Die bank het die projek finansier en die tender aan die China Gezhouba Group Corporation toegeken. Verteenwoordigers van die bank is in Namibië om vir die komende openbare tender voor te berei. Die konstruksie-bedryf in Namibië het uiters groot uitdagings en toon kwartaalliks inkrimpings.