Krieket: Bavuma lei Proteas na Indië

Krieket: Die Proteas se eendag-internasionale kaptein, Temba Bavuma, sê dit sal ʼn groot eer en voorreg wees om die span op vanjaar se Wêreldbeker-toernooi in Indië aan te voer. Suid-Afrika het gekwalifiseer nadat die eerste eendagwedstryd tussen Ierland en Bangladesh uitgereën het. Dit beteken die Proteas kan nie meer ingehaal word op die IKR se Wêreldbeker-krieket Superliga nie en is nou verseker van die agtste en laaste kwalifiseringsplek. Dit sal Bavuma se eerste Wêreldbekertoernooi oor 50-boulbeurte wees.