Krieket: Lae eerstebeurt-tellings in derde toets om die As
Krieket: Daar was lae eerstebeurt-tellings vir albei spanne in die derde toets om die As tussen Engeland en Australië op Headingley in Leeds. Engeland het die besoekers Donderdag op die eerste middag vir 263 uitgehaal toe Mark Wood vyf paaltjies geneem het en Chris Woakes drie. Die gashere was teen uitskeityd op 68 vir drie en het vandag strykdeur paaltjies verloor. Dit was slegs nog ʼn heldebeurt van die kaptein, Ben Stokes, met ʼn vinnige 80 wat hulle tot 237 gevoer het, ʼn agterstand van 26 lopies. Die Australiese kaptein, Pat Cummins, het ses paaltjies geneem.