Krieket: Protea-snelbouler oor paaltjies wat val
Krieket: Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé sê dit is nie vreemd wanneer paaltjies laatmiddag die een na die ander kantel in Centurion, soos gister gebeur het nie. Elf paaltjies het na teetyd geval op die tweede dag van die eerste toets teen die Windies, met Nortjé wat vyf paaltjies geneem het in die besoekers se eerste beurt. Suid-Afrika het ʼn eerstebeurt-voorsprong van 130 lopies gehad en vanoggend op 49 vir vier hervat. Nortjé sê paaltjies so laat in die dag is normaal op SuperSport-park.