Krieket: Rohit Sharma is Indië se toetskaptein
Krieket: Rohit Sharma is aangewys as Indië se toetskaptein, een van die posisies in wêreldsport wat gepaardgaan met die grootste druk. Die aanstelling voltooi Sharma se oorname van die leierskap van al die formate, na Virat Kholi se uittrede. Die 34-jarige Sharma sal die span aanvoer in die opkomende reeks van twee toetse teen Sri Lanka wat volgende maand begin. Kohli het verlede maand as toetskaptein bedank, ná hy verlede jaar uitgetree het as T20-leier en afgedank is as eendag-kaptein.