Kriminoloog jammer vir Oscar
‘n Suid-Afrikaanse kriminoloog het haar reaksie gegee op die Paralimpiese kampioen Oscar Pistorius se parool-aansoek wat deur die departement van korrektiewe dienste afgekeur is. Sy aansoek sal weer in Augustus 2024 oorweeg word. Die bekende kriminoloog dr. Pixie du Toit sê aan Kosmos 94.1 Nuus sy is jammer vir Oscar.