Kyrgios is reguit deur na Wimbledon eindstryd
Die Australiër, Nick Kyrgios, is reguit deur na Wimbledon se eindstryd toe die tweede-gekeurde Rafael Nadal aan vandag se halfeindstryd onttrek het. Die 22-malige Grand Slam-kampioen het ‘n buikspier geskeur in sy kwarteindstryd teen die Amerikaner, Taylor Fritz, maar steeds in vyf stelle gewen. Nadal het aangekondig hy is nie fiks genoeg om nog twee wedstryde op die gesogte grasbaan-toernooi te wen nie: