Landbou-ekonoom sê waarom beespryse daal

Volgens die Namibiese Landbou-unie se landbouverslag van die eerste kwartaal, het totale gemiddelde pryse vir beide beeste en skape afgeneem. Algehele beespryse het op ‘n jaargrondslag met 8 persent gedaal, wat grootliks beïnvloed is deur ‘n daling in die prys van speenkalwers van sowat 17,7 persent. Plaaslik lyk dit asof speenkalfprys-tendense in die Suid-Afrikaanse ekonomie weerspieël word waar die swakker Suid-Afrikaanse rand, hoë voedsel-inflasie en elektrisiteitskoste wat verbruikersvraag na rooi vleis verswak het. Tesame met hoër voerkoste vir die afronding van diere, het dit daartoe gelei dat voerkrale speenkalfpryse verlaag het. Die NLU se landbou-ekonoom, Bertha Ijambo het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…