Landbou Werkgewersvereniging steeds in duister oor minimumloon

Die nasionale minimumloon tree op 1 Januarie 2025 in werking. Vir landbouwerkers sal dit 10 Namibiese dollar per uur wees, en styg tot 14 dollar per uur in 2026 en 18 dollar per uur in 2027. Dit is gemik op die versekering van billike betaling en die verbetering van lewenstandaarde, maar die Landbou Werkgewersvereniging voer aan dat die verhogings onuitvoerbaar is en het ‘n vrystelling versoek, met verwysing na die sektor se unieke uitdagings. Kosmos 94. Nuus het gesels met Danie van Vuuren, uitvoerende hoof van die Landbou Werkgewersvereniging, wat ‘n opdatering gee.