Landbouministerie se begroting verhoog
Die Nambiese landbouministerie het ‘n totaal van 2,4 miljard Namibiese dollar in die 2023-24-begroting ontvang, ‘n toename van 22,1 persent vanaf die vorige boekjaar. Die minister van finansies Iipumbu Shiimi sê volgehoue produksie by die verskillende groenskema-projekte moet verseker word om voedselsekerheid te verbeter terwyl die verhuringsproses afgehandel word.