Langer Heinrich berei voor vir eerste produksie in ’24

Die eerste produksie by Langer Heinrich-myn word beplan vir die eerste kwartaal van 2024. Volgens die hoofbestuurder by die myn, Johan Roux, is daar reeds verskeie projekte van stapel gestuur om die myn terug te plaas in produksie, insluitend die gebruik van nuwe tegnologie. Die Australiese Paladin Energy, wat Langer Heinrich besit, het onlangs aangekondig dat die myn minstens 4 persent tot die totale wêreldwye uraanproduksie sal bydra. Roux het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor die jongste.