Lede van informele nedersettings van Okahandja vergader met dorpsraad
Lede van informele nedersettings van Okahandja sal vanaand ‘n vergadering met die dorpsraad van Okahandja hou. Die groep wil eienaarskap van hul grond hê voor die algemene verkiesing in 2024. Dié vergadering spruit voort nadat die groep deur die minister van stedelike en landelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, na die dorpsraad verwys is. Kosmos 94.1 Nuus het met die groepleier, Sydney Gariseb, gepraat wat sê hulle sal nie ophou totdat hul stem gehoor word nie.