Leeuwyfie in Noordwes doodgeskiet
Die departement van die omgewing in Noordwes sê die leeuwyfie wat Woensdag ontsnap het toe sy van Stella in Noordwes vervoer is, is doodgeskiet. Die woordvoerder van die departement, Jerry Matebesi, sê die leeuwyfie is vanoggend deur ʼn boer naby Piet Plessis gevind. Matebesi sê die boer het besluit om die leeuwyfie te skiet aangesien sy naby ʼn woongebied rondgeloop het en ʼn gevaar vir die plaaslike gemeenskap ingehou het.