Letby: Veroordeeldes behoort gedwing te word om in die hof te wees

Die Britse verpleegster wat ‘n lewenslange vonnis, sonder enige kans op parool ontvang het, was nie in die hof toe die vonnisoplegging of impakverklarings deur die families gemaak is nie. Lucy Letby, wat sewe babas vermoor het en gepoog het om nog ses te vermoor, het geweier om haar sel te verlaat. Dit het ‘n groot impak op die families gehad en daar is beroep in Brittanje gedoen dat wetgewing aangepas word wat veroordeeldes dwing om teenwoordig te wees. Die leier van die Arbeidersparty, sir Keir Starmer stem saam met die beroep.