Liefling van Loftus maak sy oë oop
Rugby: Die Liefling van Loftus Derick Hougaard het sy oë na 11 dae in ‘n waak-eenheid in die Steve Biko Akademiese hospitaal oopgemaak. Volgens sy vriendin, die sangeres Nadine het Derick se infeksietelling afgeneem en hy ontvang tans nuwe anitbiotika. Sy skryf op sosiale media hy reageer op vrae en sy breinfunksie lyk tans goed, maar hy kan nie praat met die pype in sy keel nie. Derick het nog pyn en hy is verskriklik moeg, maar Nadine en sy familie is dankbaar dat hy sy oë oopgemaak het.