Loon-onderhandelinge tussen Numsa en motorbedryf misluk

Loon-onderhandelings tussen die metaalwerkersvakbond, Numsa, en die motorbedryf het misluk. Die vakbond het met verskeie werkgewers in die bedryf vergader en sê die maatskappye se aanbod was baie minder as wat gevra is. Werkers in die motorbedryf het gedreig om te staak as werkgewers nie gehoor gee aan hulle oproep vir ‘n verhoging van 12 persent vir almal nie. Volgens die woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, wil die werkers ook ‘n nagskof- en vervoertoelaag hê, asook mediese voordele vir vulstasie-werkers.