Los Angeles-polisie moet miljoene aan weduwee van basketbalspeler betaal

Die Los Angeles-distrik in Amerika het ingestem om byna 29 miljoen Amerikaanse dollar aan die weduwee van die basketbalster Kobe Bryant te betaal, nadat die polisie beeldmateriaal van sy noodlottige helikopter-ongeluk twee jaar gelede vrygestel het. Bryant en sy dogter Gianna is saam met sewe ander dood toe die vliegtuig naby Los Angeles neergestort het. Sy vrou, Vanessa Bryant, het Los Angeles-wetstoepassers gedagvaar en sê hulle het die grusame foto’s geneem as verhandelbare ‘aandenkings’.