Los tweepotstelsel, doen iets aan werkloosheid

Azapo sê die tweepotstelsel sal niks doen om die strukturele aard van die land se werkloosheid, lae lone en armoede aan te spreek nie. Dit sal net veroorsaak dat werkers in ‘n siklus van skuld bly. Azapo-woordvoerder, Jabu Rakwena, sê Suid-Afrikaners het ‘n aanval op die werkende armes en middelklas gesien met stygende inflasie op belangrike huishoudelike bestedingsitems soos kos en brandstof of vervoer, teen min lone. Hy sê enige veranderings aan die aftreestelsel moet gekoppel word aan ‘n tasbare plan vir die herverdeling en groei van die ekonomie.