Lotery-wengeld word nagmerrie vir kleuterskool

‘n Kleuterskool in Mexiko se lotery-wengeld het in ‘n nagmerrie ontaard vir die ouers van net meer as 20 leerders. Die skool het 150 miljoen Namibiese dollar gewen en die ouers is aangestel om die geld te bestuur. Sake het egter skeefgeloop toe inligting oor die yslike meevaller bekend geraak het. ‘n Bende het die geleentheid aangegryp en die kleuterskool begin dreig om wapens aan te koop waarmee hulle ‘n ander bende wou aanval. Die ouers sê hulle en hulle kinders moes uit die dorp vlug.