LPM moet terugbaklei omdat prosesse belangrik is

Die LPM hou voet by stuk dat die prosedures om sy partyleiers Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb te straf vir die chaos na die staatsrede foutief en dus onwettig was. Swartbooi en Seibeb nader hoërhof in die verband. Eneas Emvula, die LPM se nasionale woordvoerder sê na 30 jaar, moet prosedures nie net in plek gestel word nie maar ook nagekom word.