Mabuza wens Cyril vinnige beterskap toe

Adjunkpresident David Mabuza het President Cyril Ramaphosa sterkte en ‘n spoedige herstel toegewens terwyl hy van die koronavirus herstel. Die president het positief getoets vir Covid-19 toe hy na afloop van gister die staatsgedenkdiens vir oudpresident FW de Klerk in Kaapstad begin sleg voel het. Ramaphosa het sy werksaamhede vir die volgende week aan Mabuza oorgedra. Intussen sê die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, hy wens Ramaphosa ook ‘n spoedige herstel toe en hy moet sterk staan.