Mafe het Covid, borgaansoek uitgestel, klagtes bygevoeg

Die borgtogaansoek van die vermeende brandstigter van die Parlement, Zandile Christmas Mafe, is tot volgende Saterdag uitgestel omdat hy Covid-19-positief is. Mafe word tans in die Pollsmoor-gevangenis aangehou waar hy in afsondering geplaas is. ‘n Woordvoerder van die Wes-Kaapse Nasionale Vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê Mafe staan ook tereg op bykomende aanklagte: