Makwarela-chaos in Tshwane duur voort
Die stadsbestuurder van Tshwane, Johann Mettler, sal Maandag ‘n raadsvergadering belê wat daarop gemik is om ‘n nuwe speaker te verkies, in ‘n poging om die metro weer bestendig te maak. Hy hoop ook die nuwe speaker sal vinnig ‘n vergadering belê vir die verkiesing van ‘n uitvoerende burgemeester, ná die bedanking van Murunwa Makwarela. Volgens die woordvoerder, Selby Bokaba, moet die vakature so gou moontlik gevul word sodat ‘n burgemeesterskomitee aangewys kan word: