Man, 25, verskyn vandag na hy meisie, 13, swanger maak
Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag is ‘n 25-jarige man die naweek in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n 13-jarige meisie by die Okongo-nedersetting swanger gemaak het. Die baba is nou twee maande oud, en die ma 14. Die polisie sê hy sal vandag sy eerste verskyning in die hof op ‘n aanklag van verkragting maak. Hoofinspekteur Elifas Kuwinga van Nampol, sê verskeie ander ernstige misdaad is ook aangemeld.