Man in hegtenis vir vier moorde
’n Man van Los Angeles wat reeds in ’n ander skietondersoek in hegtenis geneem is, is geïdentifiseer as die verdagte in moorde op hawelose mans. Die Los Angeles-polisiehoof, Michel Moore, sê die 33-jarige Jerrid Joseph Powell is geïdentifiseer as die verdagte in die drie moorde nadat die owerhede vasgestel het dat ‘n vuurwapen wat in sy voertuig gevind is toe hy vroeër in hegtenis geneem is, verband hou met die skietvoorvalle. Powell is vandeesweek gearresteer vir die skietdood en roof van ‘n 42-jarige man. Speurders het Powell se voertuig deur middel van toesigmateriaal geïdentifiseer en dit in Beverly Hills opgespoor.