Masels: Meer as 1,1 miljoen kinders in Gauteng ingeënt
Die Gautengse departement van gesondheid sê tot op hede is 74 gevalle van masels in die provinsie aangeteken. Altesaam 52 van die gevalle is in die Ekurhuleni-distrik aangemeld, sewe in Johannesburg, 11 in Tshwane, en vier aan die Wes-Rand. Die woordvoerder, Motalatale Modiba, sê tot dusver is meer as 1,1 miljoen kinders regoor die provinsie ingeënt.