Mbumba bepleit multilateralisme in Verdrag vir die Toekoms
President Nangolo Mbumba en die Duitse kanselier, Olaf Scholz, het staats- en regeringshoofde genooi om by die virtuele regstreekse globale oproep vir die Verdrag vir die Toekoms aan te sluit. Sprekers het die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal António Guterres ingesluit. As mede-fasiliteerders is die permanente verteenwoordigers van Namibië en Duitsland by die VN deur alle afvaardigings ondersteun om die Verdrag vir die Toekoms te ontwikkel. Die pakt sal op 22 September by die VN se Toekomsberaad voorgelê word vir aanvaarding en die virtuele geleentheid het ‘n platform gebied om insette van lidlande in te samel. Mbumba het vir multilaterlisme gevra.