Medvedev, Zverev beïndruk voor Aussie Ope
Tennis: Daniil Medvedev en Alexander Zverev het beide indrukwekkende oorwinnings terwyl hulle voorberei vir die Australiese Ope. Hulle het Rusland en Duitsland ook op koers gehou in die ATP-beker. Die Amerikaanse Ope-kampioen en wêreld-nommer-twee Medvedev het teruggebons na die skoknederlaag die naweek teen Fransman, Ugo Humbert. Hy het Alex de Minaur van Australië met 6-4, 6-2 verslaan. Die derde-gekeurde Duitser Zverev het intussen in ‘n kragmeting met die Amerikaner Taylor Fritz klaargespeel en met 6-4, 6-4 sy tweede agtereenvolgende oorwinning van die nuwe seisoen behaal.