Mielies: Skade in SA, min reën plaaslik – Collard gesels
Reaksie word ontvang op berigte dat 25 persent van oeste in belangrike mielieproduserende streke soos KwaZulu-Natal en die Vrystaat beskadig is. En, die reën het nie betyds gekom in baie dele waar droëland produsente aktief is nie. Boere het tot ongeveer die 25ste van die maand om saad in die grong te kry. Ian Collard, die hoof uitvoerende beampte van die NMI-groep het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Maar, in terme van voedselsekerheid het die skaarste van die reën ‘n baie groter impak op mahangu-produksie wat meeste droëland is.