Misdaadvlakke moet in Wes-Kaap getakel word
Die Wes-Kaapse regering sê daar sal dadelik koppe bymekaar gesit moet word om die provinsie se ewig-stygende misdaad-vlakke aan te spreek. Misdaadstatistieke vir die tydperk Oktober tot Desember 2022 dui aan dat meer as 84 persent van Suid-Afrika se dwelmverwante moorde in die Wes- Kaap gepleeg is. Ander ernstige misdade, soos moord, poging tot moord, seksuele oortredings en roof met verswarende omstandighede het ook ‘n beduidende styging getoon, in vergelyking met die vorige kwartaal. Fritz Platt, Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad…