Moordverdagte van Rundu-vrou in hegtenis geneem

Die verdagte in die saak waarin ‘n 31-jarige vrou na bewering Maandag by Rundu vermoor is, is vandag in hegtenis geneem. Die Namibiese polisie het hom by die Kayengona-nedersetting, sowat 30 kilometer van Rundu, in hegtenis geneem ná ‘n wenk van lede van die publiek. Die oorledene, wat as Andeline  Augustinus Chikalu geïdentifiseer is, is Dinsdagoggend in ‘n plas bloed gevind in ‘n kamer wat sy met haar kêrel gedeel het. Die verdagte is tans in aanhouding en sal na verwagting môre in die Rundu-landdroshof verskyn. Die polisie-ondersoek duur voort.