Mosambiek-kwessie onder die loep by SAOG se buitengewone beraad
Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, die SAOG, se buitengewone beraad vir staatshoofde wat aanvanklik vanaf 5 tot 7 Januarie sou plaasvind, vind vandag in Lilongwe in Malawi plaas om die konfliksituasie in Mosambiek te bespreek. Die vergadering sal die vordering van die SAOG-missie in Mosambiek hersien en die pad vorentoe aandui. Voormalige Namibiese weermag-generaal Martin Shali sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar wel kommer oor veiligheid in die streek is, maar die streek is daartoe in staat om homself te verdedig.